Corona Gesigmaskers

Die Tabita naaldwerkklas is druk besig om maskers te maak. Daar is maskers vir elke geleentheid, ouderdom en smaak! Dis ook ‘n heerlike geskenk om vir iemand te gee. Die projek is in die eerste plek ‘n werkskeppingsprojek en ‘n fondsinsamelings geleentheid. Die vroue word betaal vir hulle werk en die wins gaan terug na die kerk. Dit is egter ook ‘n uitreikprojek en jou aankopie kan weer minder bevoorregte kinders help: Vir elke masker wat ons verkoop, gaan ons 2 gratis maskers aan kinders skenk. Ons gee ook gratis maskers vir die CMR wat dit versprei saam met die kospakkies.

Een van ons ondersteuners skryf die volgende:

Dit is nou regtig waarde vir geld julle. Ek het lanklaas stikwerk gesien wat so ordentlik gedoen is. Die maskers is baie mooi en sterk gemaak en jy kan binnekant buitentoe ook dra om by jou klere/kleure te pas.

798b40be-6696-4a9f-bd4d-fd8c655f1a40

Die maskers word gemaak van 100% katoen of poliëster-katoen met ‘n dubbele binnelaag van “spun bond” (dieselfde as wat in kommersiële maskers gebruik word) en is ten volle wasbaar.

Maskers word met rekke wat rondom kop gaan gemaak en is verkrygbaar in 4 groottes nl x-tra klein, klein, medium en groot. Die medium grootte maskers is geskik vir meeste volwasse dames en groot vir mans. Groottes word bepaal deur die mate vanaf die neusbrug tot voor oor te neem. Ons kan ook maskers vir kinders maak. Pryse wissel tussen R35 en R50 per masker.

Kontak Irma by 082 824 6235

Gesigmaskers

95431696_3101602679879005_6486847883499798528_nDie Tabitha naaldwerkklas gaan maskers maak. Maskers word gemaak van 100% katoen of poliëster-katoen met ‘n dubbele binnelaag van “spun bond” ( dieselfde as wat in kommersiële maskers gebruik word) en is ten volle wasbaar. Maskers word met rekke wat rondom kop gaan gemaak en is verkrygbaar in 4 groottes nl x-tra klein, klein, medium en groot. Die medium grootte maskers is geskik vir meeste volwasse dames en groot vir mans. Groottes word bepaal deur die mate vanaf die neusbrug tot voor oor te neem. Ons kan ook maskers vir kinders maak. Pryse wissel tussen R35 en R50 per masker. Kontak Irma by 082 824 6235

Winterprojek: Bedsokkies vir Bejaardes

Bedsokkies

 

Die handwerkkleingroep van Skuilkrans NG gemeente roep alle breiers op om ons te help om bedsokkies en/of vingerlose handskoene te brei vir die bejaardes van Huis Silwersig  en moontlik ander ouetehuise, vir die komende winter. Kontak gerus Annabelle by 083 4155 755 of kleingroep@skuilkrans.co.za vir meer inligting

Hieronder is ‘n paar maklike patrone waaruit gekies kan word.

Wenk: Vir bedsokkies gebruik dubbeldraad of chunky wol en vir handskoene werk ‘n dunner wol beter.

 

  1.  Basiese Patroon: Bedsokkies

Met dubbelknit wol en nr 5 or 6 penne.

Heg aan 32steke.

1ste ry: Brei 10steke regs, 1steek aweregs, 10steke regs, 1steek aweregs en weer 10steke regs.

2de en elke alternatiewe ry: regs

Brei volgens hierdie patroon tot werk 12cm lank is van begin af.

Begin nou dubbelrif brei. 2 regs, 2 aweregs vir ongeveer 10cm (22cm van begin af)

Vorm punt van tone:

Volgende ry: Brei 1, brei 2 tesaam (hou so aan tot aan die einde van die ry)

Brei elke ry so totdat daar net 8 or 6 steke op die naald oor is.

Breek wol af en ryg deur oorblywende steke. Trek styfen werk vas tot aan die einde van die dubbelrif.

Werk haknaat vas.

 

2.  Patroon vir maklike bedsokkies

vir volwassenes gebrei met dubbeldraad of chunky wol

92 ste
Brei 14 rye regs “plain”
Brei dan 1 ry regs en 1 ry aweregs “purl”

Begin nou bo-op die voet verminder soos volg:
Brei 33ste regs”plain”, brei 2saam, brei 2 steke aweregs”purl”, dan weer 2saam en dan weer 33steke regs. (daar is nou 34ste aan elke kant, met ‘n middelnaat en jy het 2 steke verminder in die middel.
Volgende ry – Brei aweregs “purl” 32steke, aweregs 2saam, brei 2 steke regs, aweregs 2saam en brei res van steke aweregs.

Brei nou so voort in koussteek (een ry regs en een ry aweregs) en verminder in elke ry 2 steke deur voor die middelnaat 2saam te brei. (let wel, die middelnaat is 2 steke wat in kontras gebrei word, maw as die ry regs gebrei word, gaan die 2 middelsteke aweregs wees, en as die ry aweregs berei word, gaan die 2 middelsteke regs wees)

Hou so aan totdat daar 50steke oor is op die naald.

Brei nou dubbelrif vir 18-20 rye. Eindig af in rifsteek.

Werk die naat onder en langs die kant vas, en vou die boonste rifgedeelte om sodat dit ‘n mooi afwerking maak vir ‘n lekker warm wolslippertjie of slaapsokkies.

 

3.  Bedsokkie patroon Gebrei

Gebruik “Chunky”of dubbel draad  wol

Stel 63 steke op (Vir nommer 6 skoen)

Eerste ry: Regs 1, maak een steek in volgende steek, brei 28 steke regs, maak I steek in volgende steek, regs  1,maak 1 steek in volgende steek, brei 28 steke regs, maak 1 steek in volgende steek, regs laaste steek.

Tweede ry: Regs

Derde ry: Regs 1, maak een steek in volgende steek, brei 30 steke regs, maak 1 steek in volgende steek, regs 1, maak 1 steek in volgende steek, regs 30 steke, maak 1 steek in volgende steek, regs laaste steek

Vierde ry: Regs

Vyfde ry: Regs 1, maak een steek in volgende steek, brei 32 steke regs, maak 1 steek in volgende steek, regs 1, maak 1 steek in volgende steek, regs 32 steke, maak 1 steek in volgende steek, regs laaste steek

Sesde ry: Regs

Sewende ry: Regs 1, maak een steek in volgende steek, brei 34 steke regs, maak 1 steek in volgende steek, regs 1, maak 1 steek in volgende steek, regs 34 steke, maak 1 steek in volgende steek, regs laaste steek

Agste ry: Regs

Negende ry: Regs 1, maak een steek in volgende steek, brei 36 steke regs, maak 1 steek in volgende steek, regs 1, maak 1 steek in volgende steek, regs 36 steke, maak 1 steek in volgende steek, regs laaste steek

Tiende ry: Regs

Daar behoort nou 83 steke te wees.

Brei 6 rye regs

Begin verminder deur:

Ry 1:   Brei 38 steke regs. glip een brei een trek glipsteek oor, regs 1, glip een brei een               trek glipsteek oor, brei 38 steke regs.

Ry2:    Brei 37 regs, glip een brei een trek glipsteek oor, regs 1, glip een brei een trek                  glipsteek oor, brei 37 steke regs.

Ry 3:   Brei 36 regs, glip een brei een trek glipsteek oor, regs 1, glip een brei een trek                  glipsteek oor, brei 36 steke regs.

Hou so aan deur elke ry te verminder totdat daar 43 steke oor is.

Brei twee rye regs.

Maak ry gaatjies: Brei 1 regs , *(maak een brei twee tesame,)* herhaal tot aan die einde van die ry.

Brei een ry regs.

Daarna kan jy enige patroon brei wat jy verkies om kous af te rond.

Werk sool en agter kous toe en ryg koordjie deur.

Inligting

Steke 63 vermeerder tot 83 verminder tot 43  (Nommer 6 skoen)

Steke 73 vermeerder tot 93 verminder tot 53    (Nommer 7/8 skoen)

 

4.  Basiese patroon: VINGERLOSE HANDSKOENE

Met enkeldraad wol (no 3.5 of 4 naalde) of dubbeldraad (no 5 of 6 naalde)

Heg aan 54 steke

Brei dubbelrif (2 regs, 2 aweregs) tot aan die einde van die ry.

Brei so voort tot werk 15cm lank is vanaf begin.

Brei nou enkel rif (1 regs, 1 aweregs) vir nog 6-8 rye.

Heg af.

Werk synaat vas 5cm, laat dan opening vir duim van ongeveer 5cm en werk res vas.

 

 5. Engelse patroon

Bed Socks

Cast on 92 stitches

Knit 8 rows normal color
Knit 2 rows with fluffy wool
Knit  6 rows with normal wool
Knit 2 rows with fluffy wool
Knit 4 rows normal wool

Start decreasing
Knit 43; 2 together; knit 2; knit 2 together; knit 43
Knit 42; 2 together; knit 2; knit 2 together; knit 42

Continue decreasing until you get to knit 23 knit 2 together knit 2 knit 23

Next row; knit 24 purl two together; knit 24
Next row; knit 22; knit 2 together ; knit 2; knit 2 together; knit 22
Next row; knit 23; purl two; knit 23

There should be 48 stitches left to work with.

Knit 1; wool forward; knit 2 together to the end of the row (Row for string)
Knit 4 rows (Normal wool)
Knit 2 rows fluffy wool
Knit 4 rows normal wool
Knit 2 rows fluffy wool

Cast off with normal wool

You do not have to use “fluffy wool” in between if you so wish

This is just another pattern that will fit a bigger foot

LEKKER BREI!

 

Brei saam met Skuilkrans!

Beertjie foto

Skuilkrans gemeente het ‘n groot hart vir kinders en is mal oor brei!  Daarom het ons twee groot uitreikprojekte hierdie jaar aangepak en enige iemand wat wil saam brei is welkom!  Ons gaan die 3de Mei 150 poppies uitdeel aan graad 1 skoliere as deel van die Waardevol vir Jesus projek en teen die einde van die jaar ‘n 1600 beertjies aan al die kinders van PEN se kleuterskole.

As jy net wil brei sal ons dit stop, toewerk en borduur.  Wol en penne is ook by die kerk beskikbaar.  Kontak gerus Tabitha handwerkgroep as jy betrokke wil raak:

Irma Loots 012 803 3913 of 082 824 6235

Of  Cecily Botha: 012 804 0131 of 082 499 0616

Volg gerus die skakel hieronder vir die poppie patroon:

Poppieprojek Patroon en boodskap[6362]

En hier is die Beertjie patroon:

beertjie