Corona hulpfonds

Skuilkrans-gemeente het besluit om ’n Corona-hulpfonds te stig om gesinne uit die armer geemenskap in ons omgewing met lewensonderhoud te help. Ons wil graag, soos Christus dit van ons verwag, by die noodlydendes betrokke wees. Die mees praktiese metode in die kwarentyn-tyd is om kospakkies aan noodlydendes beskibaar te stel. Ons het met Uitkyk-slaghuis geskakel om te vra of ons die pakkies deur hulle kanale kan uitdeel. Uitkyk het dadelik ja gesê! Ons het met die VGK gemeente in Eersterust en met een gemeente in Mamelodi in verbinding getree. Hulle is baie dankbaar oor die inisiatief. Die dominees van die twee gemeentes sal name aan ons deurstuur van gemeentelede wat in nood verkeer. Ons sal die name op ons beurt aan Uitkyk deurgee, wat die pakkies aan die betrokke persone wat by Uitkyk aanmeld sal oorhandig. Vanselfsprekend sal die kospakkies ook vir ons eie gemeentelede en mense in ons onmiddelike omgewing beskikbaar wees.

Ons is baie dankbaar vir Uitkyk-slaghuis wat gewillig is om ons vennoot in die saak te wees. Anita Labuschagne (van Uitkyk en ook voorsitter van ons Finanskomitee) het die ideale inhoud van so’n pakkie ontwerp. Die pakkies kos R150,00.

Die kerkraad gaan uit sy eie fondse ’n groot bydrae maak vir ons Corona-hulpfonds. Maar dit skep ook vir u as gemeentelede ’n geleentheid om betrokke te wees. Ons kan nie self in die weke van kwarentyn ons armer bure besoek om hulle by te staan nie. Maar deur ’n paar kospakkies te borg kan elke gesin in ons gemeente ’n klompie honger gesinne in Eersterust en Mamelodi laat glimlag.

Bydraes kan gerus op ons gemeente se rekening inbetaal word. Sakel gerus ook met enigeen van ons dominees as julle meer inligting nodig het.

Terugvoer...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s