NG SKUILKRANS SE REAKSIE OP DIE COVID-19 RAMPTOESTAND IN ONS LAND

INLEIDING

• Die Corona-virus het `n wêreldwye pandemie van die siekte Covid-19 teweeggebring.
• Die verklaarde ramptoestand bied ons nuwe geleenthede om kerk te wees.
• NG KERK SKUILKRANS HET NIE TOEGEMAAK NIE.

EREDIENSTE

• Alle eredienste is afgestel tot na 12 April 2020 (Paassondag) of verdere kennisgewing.
• EREDIENSTE GAAN EGTER OP N ANDER MANIER VOORT. • Ons gaan die eredienste opneem en digitaal beskikbaar stel: asn video of klankopname op die webblad (www.skuilkrans.co.za) of op DVD’s wat julle by die kerkkantoor kan kom afhaal op Vrydae oggende.

ANDER BYEENKOMSTE

• Kleingroepe kan self besluit of hulle bymekaarkom.
• Die Bybelskool sluit saam met die skole op Woensdag 18 Maart af.
• Alle ander gemeentelike byeenkomste – soos die orrelkonserte – is gekanselleer.

KERKKANTOOR

• Weeksdae oop van 08:00 tot 13:00.
• Skakel asseblief 012 804 7787 eerder as om direk te kom kuier.

LERAARS EN ONDERSTEUNING

• ALLE LERAARS IS ENIGE TYD TELEFONIES BESKIKBAAR. Gebruik gerus die selfoonnommers hieronder.
• Pastoraat sal tydelik primêr telefonies geskied.

DANKOFFERS EN BYDRAES

• Al die kerk se gewone uitgawes gaan voort en rekeninge moet vereffen word.
• Gaan asseblief voort om bydraes per EFT, Snapscan of Debietorders te maak.
• Rekening: NG Kerk Skuilkrans, ABSA, Takkode 632005, Rekening 70580403
• Daar is ook `n dankofferposbus, regs van die hoofingang, oorkant die kapel vir dankoffers gedurende die week.
• Wanneer kleingroepe byeenkom, kan hulle offergawes opneem en inbetaal.

KOMMUNIKASIE

• Kyk asseblief gereeld na jou foon (SMS`e) en die webblad (www.skuilkrans.co.za)
• Word deel van die Facebookgroep (Skuilkrans NG Gemeente) en “like” die blad vir verdere inligting.
• Alle nuus, opdaterings en reëlings sal daar gedeel word.

ONDERLINGE VERSORGING

• As n liefdesgemeenskap bly ons betrokke bymekaar. • Indien jonger mense bereid is om vir hoër risiko-groepmense uit te help met inkopies of ander dienste, kontak ons gerus. Ons koördineer dit graag. • Uitkyk biedn diens dat `n bestelling geplaas kan word by bestuur@uitkykvleismark.co.za. Na betaling kan iemand dit gaan afhaal en besorg.

KERKKANTOOR: 012 804 7787
Ds Nico Swart – 083 678 8290
Ds Gerrie Bodenstein – 078 509 6754
Ds Willem Boshoff – 082 890 2644
Ds Piet Meiring – 083 458 9008
Ds Lion Pienaar – 082 579 4670
Ds Yolandé Giliomee – 083 258 2562

Terugvoer...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s