1600 Beertjies vir Pen

911e7059-f9b0-4ea0-a199-94324a789d3d

Tabita Naaldwerkklas het ons gemeente uitgedaag om te begin brei en hekel om hulle droom van beertjies vir Pen waar te maak.  Hierdie ambisieuse getuienisprojek se doel is om voor die einde van die jaar vir elke kleuter in PEN se kleuterskole ‘n beertjie te gee.  Ons glo dat iemand se lewe geraak kan word deur ‘n eenvoudige liefdesdaadjie en dat ‘n handgemaakte beertjie ‘n boodskap van hoop en liefde stuur.

Die reaksie op die projek was verrassend positief en vlytige vingers  van alle ouderdomme het reeds tussen 400 en 500 beertjies gebrei en gehekel.  Dis byna soos ‘n opwindende nuwe gier wat posgevat het en oral langs sportvelde, in wagkamers en rye, voor die TV en op die langpad sien jy net wol, stopsel en die gesellige geluid van breinaalde wat wikkel.

Selfs vroue buite die gemeente tot sover as Kaapstad en die Weskus is reeds fluks aan die werk is.  Daar is Facebook vriende en hekel klubs wat saamspan en daar is selfs verneem van ‘n ouma wat kuier by haar kleinkind in Australië , waar sy ook beertjies vir ons maak!

As jy ook betrokke wil raak, of iemand ken wat sal wil – volg gerus die maklike brei- en hekel patrone.  Daar is ook wol en penne geskenk vir die projek en as jy net wil brei en hekel, kan jy die voltooide pante vir die naaldwerk klas bring om toe te werk en te stop.

Stuur gerus vir ons fotos van hoe jy vorder en vertel ons waar en wanneer jy aan jou beertjies werk.

Kliek asb op die skakels na die patrone:

 

Advertisements

Terugvoer...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s